Maar ons het amper ons vlug nie gemaak nie. Ons was betyds (eintlik heeltemal te vroeg - miskien 'n teken maar beslis ' baie goeie ding).
Ons het so 12 uur hier by die lughawe aan gekom. Ek het na die toonbank gegaan en die same het gese day ons vlug nie bevestig is nie, maar wait listed. Sy se toe dat ons eers sal weet 14:00 (vertrek 14:35).
Ek se toe vir Les dat die vlugte nie bevestig is nie en hy se dat dit onmoontlik is. Wel...daar was 9 mense oor bespreek.
Dis seker die goeie ding van ' klein plekke en ook die feit dat Les altyd hier is. Hy moes na die kontroler bel want hy het ook nie sy ID tag saam gebring nie. Gelukkig kon hy reel dat die kontroler die plekke bevestig. Maar dit was drama van ' ander aard. Elke geval...hier is ons nou in die lounge. Timmy luister met sy nuwe oorfone na sy musiek. Ek gaan nou vir my tee maak.
Jono, Tim en Tim Snr by ons hand bagasie. Les besig op die foon om vir ons plekke op die vliegtuig te kry....!
En nou vir Timmy...sal moet gewoond raak aan hier aan. Tiener met oorfone wat na musiek luister en boek lees... Kon ook erger gewees het...





No comments:
Post a Comment